Die landbou-organisasie Saai het nou sy eie aanlyn-databasis begin sodat boere sélf kan vasstel of daar grondeise teen hul plase is. Dit word volgens Saai gedoen omdat die proses oor grondeise nie deursigtig is nie en die regering glo nog geen betroubare databasis oor grondeise beskikbaar gestel het nie. Doktor Theo de Jager, voorsitter van die Saai-direksie, het gesê die onsekerheid wat as gevolg hiervan bestaan kan selfs met toestande vergelyk word wat laas gedurende die Anglo-Boereoorlog gesien is. Netwerk24 berig voorts Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het ontken dat die owerhede se proses met grondeise ondeursigtig is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×