Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê dat hy nie voor druk sal buig om Terbufos te verbied nie. Primedia berig ‘n burgerlike lobbygroep het van die minister geëis dat dié chemikalie verbied moet word.

Volgens Steenhuisen is dit nie so eenvoudig om Terbufos en enige ander plaagdoder te verbied, soos lobbygroepe voorstel nie. Dit aangesien die verbod ernstige implikasies vir voedselsekerheid en boerderysektor kan hê.

Volgens die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, is ses kinders oorlede nadat hulle skyfies geëet hetwat met die plaagdoder besmet was. Die kinders is twee maande terug in Naledi, Soweto, oorlede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×