Die langverwagte geveg tussen Nonito Donaire en Riel Casimero is van die baan

Die langverwagte geveg tussen Nonito Donaire, oftewel die Fillippynse Flash, en Riel Casimero, wat op 14 Augustus in Carson City in Amerika sou plaasvind, is van die baan.

Donaire het teen die einde van verlede week gewaarsku dat die geveg afgestel kan word na Casimero se gesloer om sy opkikkertoetse af te handel.

Die bestuurspan van Casimero het toe Donaire se vrou, Rachel, wat ook sy afrigter en bestuurder is, begin aanval op sosiale media deur haar sleg te sê en ook te koggel.

Dit was die laaste strooi vir Donaire en het hom daar en dan aan die geveg onttrek.

Die Flash het bygevoeg dat hy teen alle vorme van boeliegedrag gekant is.

Luister na potgooie hieronder