Die Leeus en Springbok-vleuel, Aphiwe Dyantyi, is tot 12 Augustus 2023 verbied om rugby te speel

Die Leeus en Springbok-vleuel, Aphiwe Dyantyi, is tot 12 Augustus 2023 verbied om rugby te speel nadat ‘n monster van Dyantyi na ‘n oefenkamp, positief getoets het vir drie verbode middels: metaandienoon, metieltestosteroon en LGD-4033.
Sy verhoor sou vermoedelik in Mei vanjaar gehou word, maar die proses is weens Covid-19 vertraag.
Dit het uiteindelik middel September begin en vroeg in November afgesluit.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) het Vrydag die 26-jarige volgens regulasie 21 van Wêreldrugby se reëls vir ‘n tydperk van vier jaar geskors.
Terwyl SAIDS nog nie sy vonnis amptelik aangekondig het nie, is die koerant Rapport in besit van die elektroniese brief wat aan Dyantyi gestuur is om hom daarvan in kennis te stel.
Dyantyi se agent, Gert van der Merwe, het aan Rapport gesê dat hulle geskok is oor die uitslag.

Luister na potgooie hieronder