Die voormalige kitaarspeler van die Britse rockgroep Dire Straits, Jack Sonni, is dood. Die groep het sy dood op X, voorheen betkend as Twitter, aangekondig. Hy was 68 jaar oud. Sonni het die kitaar gespeel vir die album Brothers in Arms, wat 14 weke op nommer een in die Verenigde Koninkryk was nadat dit in 1985 uitgereik is. Dertig miljoen kopieë van die album is verkoop en is die eerste album op CD wat meer as ‘n miljoen kopieë verkoop het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×