Die legendariese pop-sensasie, Tina Turner, se dood word as ‘n massiewe verlies vir die musiekbedryf en vir haar aanhangers bestempel.

Die 83-jarige Turner is ná ’n lang siekte gisteraand in haar huis in Küsnacht naby Zürich in Switserland oorlede.

‘n Woordvoerder het gesê die wêreld het een van sy grootste musieklegendes en rolmodelle verloor.

Turner sal veral onthou word vir talle reuse treffers, asook vir haar uitsonderlik-energieke verhoogoptredes.

Sy het deur die jare altesaam agt Grammy-toekennings ontvang en is ook in 2021 in die Rock ‘n’ Roll Hall of Fame opgeneem.

Tina se treffers uit die tagtigerjare sluit What’s Love Got to Do with It?, We Don’t Need Another Hero en Let’s Stay Together in.

Dermkanker in 2016 by Turner gediagnoseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×