Die legendariese Suid-Afrikaanse bokser, Gerrie Coetzee, is gistermiddag in die ouderdom van 67 aan longkanker oorlede.

Coetzee, wie ook as die “Boksburg Bomber” bekend was, was met sy dood deur sy familie omring.

Sy dogter, Lana Coetzee, het aan IOL gesê haar pa het verlede week uitgevind dat hy aan ‘n baie aggressiewe soort kanker ly.

Gerrie was Suid-Afrika se eerste wêreld-swaargewigbokskampioen en het van 1974 tot 1986 en later weer van 1993 tot 1997, professioneel geboks.

Hy het 33 van sy 40 professionele gevegte gewen, waarvan hy 21 met uitklophoue beëindig het.

Hy word deur sy vrou Rina, drie kinders en sewe kleinkinders oorleef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×