Die legendariese TV-persoonlikheid en radio-omroeper, Edwill van Aarde, is Woensdagaand in die ouderdom van 85 oorlede. Van Aarde se familie het die nuus aan Maroela Media bevestig en gesê hy is na ‘n kort siekbed in die hospitaal dood. Van Aarde sal veral onthou word as die aanbieder van die vasvraprogram, Flinkdink. Hy was ook oor die jare heen ‘n uitsaaier op televisie wat met sy krieket kommentaar diep spore getrap het. Hy kon kommentaar lewer oor ongeveer 20 ander sportsoorte waaronder boks, rugby, die comrades en gimnastiek. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×