Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die party se prokureurs opdrag gegee om by die hooggeregshof aansoek te doen vir ʼn interdik teen die implementering van die Eskom Tariefverhoging. Die leier van die DA, John Steenhuisen, beskuldig Eskom en die regering daarvan dat hulle nie die Handves van Menseregte respekteer en nakom nie. Steenhuisen sê die verhoging moet gestaak word, hangende ‘n besluit oor die pad vorentoe oor die aanhoudende beurtkrag. Hy sê die party gaan ook Suid-Afrikaners mobiliseer in die stryd teen beurtkrag tydens sy ‘Power to the People’-optog volgende week na Luthuli-huis.