Die leier van die EFF, Julius Malema, en sy party het gister in die konstitusionele hof pakslae oor aanhitsing tot onwettige grondbesetting gekry.

Die hof het die party se verlof tot appèl teen ‘n interdik wat hulle verbied om grond onwettig te beset van die hand gewys.

Die interdik is in 2017 aan die burgerregteorganisasie AfriForum toegestaan.

Hierna het die EFF verskeie howe genader in ‘n poging om dit ongeldig te laat verklaar.

Die interdik verhoed Malema en sy volgelinge om mense aan te hits om private eiendom te betree, en dit onwettig te beset.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×