Die leier van die Vryheidsfront Plus sê dit is duidelik dat oud-president Jacob Zuma martelaar probeer speel deur te sê hy sal nie voor die Zondo-kommissie getuig nie

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê dit is duidelik dat oud-president Jacob Zuma martelaar probeer speel deur te sê hy sal nie voor die Zondo-kommissie getuig nie.

Groenewald sê in ‘n verklaring Zuma probeer die aangeleentheid verpolitiseer en dit sal die spanning binne die ANC aansienlik verhoog.

Hy sê die faksiegevegte in die ANC sal hierdeur op die spits gedryf word.

Groenewald sê belastingbetalers het reeds ‘n duur prys betaal vir Zuma se optrede en die tyd het aangebreek dat hy ook die prys betaal vir sy optrede en aanspreeklik gehou word.

Luister na potgooie hieronder