‘n 59-jarige verdagte is Saterdag tydens ‘n gesamentlike intelligensie-operasie deur die Hoedspruit-polisie in Limpopo in hegtenis geneem.

Die verdagte is vermoedelik ‘n leier van ‘n renosterstropery-sindikaat in Mpumalanga en Limpopo.

Die polisie het inligting ontvang oor twee vermeende renosterstropers wat in ‘n wit Toyota-bakkie gery het, en het dadelik ‘n stop-en-soek-operasie in die omgewing begin.

Die verdagtes het ‘n onverwagte U-draai gemaak terwyl hulle die padblokkade genader het en ‘n jaagtog het gevolg.

Die voertuig is uiteindelik vasgekeer nadat dit met ‘n ander motorvoertuig gebots het.

Die verdagte sal na verwagting later vandag voor die Hoedspruit Periodieke Hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×