Suid-Afrika het aangebied om vredesgesprekke in Mosambiek te fasiliteer. Dit kom ná die herlewing van na-verkiesingsgeweld in Suid-Afrika se noordelike buurland.
ENCA berig Mosambiek se Grondwetlike Raad het Frelimo se oorwinning bevestig, maar opposisieleier Venancio Mondlane het belowe om homself op 15 Januarie as president in te huldig. Die situasie knou die Suid-Afrikaanse ekonomie, met die Lebombo-grenspos wat weer vir vragmotors gesluit is.
Mpumalanga se premier, Mandla Ndlovu, doen ‘n beroep op maatskappye om nie bestuurders na die grens te stuur nie. Die grensbestuursowerheid sê hulle sal gereelde vorderingsverslae uitreik om aan te dui wanneer dit veilig kan wees vir vragmotors om Mosambiek binne te gaan. Op die oomblik hang alles van die politieke situasie in die buurland af