Die Lengau-toetssentrum was gedwing om bedrywighede te staak nadat die Vrystaatse taxi-gemeenskap ‘n stilstandbetoging gehou het.
Volgens Free State Online is die taxi-bestuurders glo keelvol vir die vertraging met die uitreiking van hul permitte, wat al vir jare aan hulle belowe is.
‘n Leier in die taxivereniging, Zimkitha Mbolombo, het ook kommer uitgespreek oor taxi-operateurs wat permitte geweier word.
Alhoewel daar ná ’n kort vergadering met ’n staatsamptenaar van die kantoor van die LUR se departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer ‘n ooreenkoms bereik is, is dit onduidelik of die toetssentrum Woensdag sal oop wees.
Taxi-bestuurders word nou toegelaat om hul voertuie te toets sonder dat die permithouers teenwoordig is. Die raad het twee weke om die langdurige permitkwessies te ondersoek en op te los.