Die lewensversekeraar Discovery Life, het verlede jaar ‘n toename in 18% in eise vir selfdood aangeteken vergeleke met die vorige jaar. Gareth Friedlander, adjunk-uitvoerende hoof van Discovery Life, het gesê die syfers toon dat geen ouderdomsgroep daarteen immuun is nie, aangesien die verdeling van voorvalle gelyk tussen ouderdomsgroepe is. Volgens hom toon dié versekeraar se syfers die afgelope vier jaar was daar 25% meer selfdoodgevalle as in die vorige vier jaar. Hy het gesê die agteruitgang in geestesgesondheid, wat ook internasionaal beleef word, wek kommer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×