Die liggaam van die 19-jarige Klarissa Joubert, wat Donderdag in die Oranjerivier vermis geraak het, is Maandagmiddag gevind

Die liggaam van die 19-jarige Klarissa Joubert, wat Donderdag in die Oranjerivier vermis geraak het, is Maandagmiddag gevind nie ver van waar sy onder die water verdwyn het nie.

Netwerk24 berig soekspanne het sedert Donderdagaand onverpoos na Joubert gesoek nadat sy van die binneband afgeval het waarop sy en ’n vriendin gedryf het.

Sy het saam met ’n groep vriende op binnebande op die Oranjerivier baljaar toe die voorval plaasgevind het.

Die groep vriende het dadelik alarm gemaak en lede van Orania se veiligheidsdienste was vinnig op die toneel.

Inwoners en boere uit die omgewing het ook dadelik na die meisie begin soek en die polisie is ontbied.

Die familie het intussen gevra dat hul privaatheid gerespekteer word en dat alle navrae na die amptelike familie-woordvoerder gestuur word.

Luister na potgooie hieronder