Die liggaam van die 36-jarige Marie-Louise Nel, die bestuurder en sjef van die De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein, is gister op dié familieplaas gevind.
Bloemnuus berig Marie-Louise se ouers, Marie en Gerhard Lombard, is vir twee weke op toer in die Bahamas saam met hulle dogter Helen-Joan.
Die verpletterde egpaar het vanoggend gesê hulle sal eers oor twee dae iewers wees waarvandaan hulle ‘n terugvlug na Suid-Afrika kan haal.
De Oude Kraal is bekend as spog wilds-, skaap- en gasteplaas, en het verlede jaar sy 22ste gewilde jaarlikse WildsKosfees aangebied.
Marie-Louise word ook oorleef deur haar jonger suster, Carmen-Ann, haar man, Jan-Hendrik Nel en twee kinders, die 4-jarige Emma en ‘n seuntjie, Henco, wat twee jaar oud is.