‘n Man is vroeg vanoggend dood langs ‘n treinspoor in Oos-einde in Bloemfontein gevind.

Maroela Media berig die slagoffer, wat vermoedelik in sy 40’s was, is skynbaar deur ‘n trein getref, wat ‘n ent verder tot stilstand gekom het.

Sersant Mahlomela Kareli, polisiewoordvoeder het gesê lede van die Heidedal-polisiekantoor het die oproep oor die voorval ontvang en die nooddienste is terselfdertyd na die toneel ontbied is.

Die man het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Besonderhede oor die ongeluk is nog onbekend en ‘n saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.

Kareli het pendelaars versoek om uiters waaksaam by treinspore te wees en om net die spore oor te steek by plekke waar daar spesifiek vir voetgangerkruising voorsiening gemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×