Die vermiste Graad 10-leerling van Hoërskool Overberg, in Caledon, se liggaam is in ‘n pakkamer by die skool gevind.

Nuusflits berig dat volgens Kapt. Frederick van Wyk, ‘n Weskaapse polilsiewoordvoerder, het die leerling se ma haar Woensdag by die Gabrouw-polisie as vermis aangemeld nadat sy nie van die skool af tuis gekom het nie.

‘n Soekgeselskap het haar in die pakkamer gevind en sy is op die toneel dood verklaar. ‘n Saak van moord is geopen en oorgeplaas na die provinsiale span vir ernstige en geweldsmisdade, wat die omstandighede van haar dood verder sal ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×