Die polisie het bevestig dat die liggame van twee mense, moontlik die van die vermiste joernalis, Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli, in die bosse by Rust De Winter in Gauteng gevind is.
SABC News berig volgens die polisie sal DNS-toetse gedoen word om hul identiteit te bevestig.
Rosestad-nuus het vroeër berig vyf verdagtes is in hegtenis geneem ná die verdwyning van die joernalis en sy lewensmaat in Februarie.
Luidens die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, het een van die verdagtes, Samuel Mogongwe, die polisie mislei deur voor te gee hy help met die ondersoek, hy was glo die laaste persoon wat hulle gesien het en is nou ‘n verdagte.