Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het ingegryp toe die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gesukkel het om die liggame van 14 gesneuwelde soldate uit die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) terug te bring.

IOL berig die M23-rebelle het vroeër verhoed dat die liggame gerepatrieer word en geëis dat die SANW die DRK verlaat.

Die soldate se liggame is intussen na Entebbe in Uganda vervoer en sal vandaar per vliegtuig na Suid-Afrika gebring word.

Volgens bronne sal die liggame teen Vrydagaand of oor die naweek in Suid-Afrika aankom.

President Cyril Ramaphosa het ’n week van rou verklaar en beveel dat die land se vlae tans halfmas gehys word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×