Diere sal aan die spreekwoordelike agterspeen suig, noudat die Nasionale Lotery-kommissie besluit het om dierewelsyn as fokusgebied vir finansiering te laat vaar.

Hierdie besluit, wat as ‘n taai besluit deur die kommissie bestempel is, word deur sommige organisasies as onbillik en oningelig beskou.

Maroela Media berig die kommissie het in sy jongste oproep vir aansoeke, dierewelsyn as prioriteit uitgesluit.

Fokusgebiede sluit vroeë-kinderontwikkeling, die stryd teen geslagsgebasseerde geweld en die beskerming van weerlose mense in.

Rosestad-nuus het vroeër berig die Nasionale Lotery-kommissie het gesê hy is besig om sy toekennings-befondsingsbeleid te verander.

Volgens hom is dit deel van dié instansie se herstel ná korrupsie en geldwassery skandale.

Daar word geraam dat die omvang van diefstal en geldwassery by die loteryraad ongeveer 1,4 miljard rand beloop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×