Die saak teen die man wat van die massamoord op 18 mense in Lusikisiki in die Oos-Kaap aangekla word, is tot 26 November uitgestel.
Sipho-soxolo Myekethe het Dinsdag in die Lusikisiki-landdroshof verskyn vir profilering en ‘n verslag van die Departement van Korrektiewe Dienste. Die verslag het onthul dat Myekethe in Mei verlede jaar op parool vrygelaat is nadat hy 21 jaar tronkstraf van ‘n lewenslange vonnis uitgedien het vir die moord op ‘n polisiebeampte.
Die staat het gevra vir uitstel vir uitstaande verslae en arrestasies van nog verdagtes.
Myekethe sal nie om borgtog aansoek doen nie.