Die Mabalingwe-wildreservaat naby Bela-Bela in Limpopo, is Saterdag amper in totaliteit deur ‘n wegholbrand in puin gelê.

Die reservaat beslaan meer as 12 000 hektaar, waarvan minstens 10 000 hekaar vermoedelik tot as verbrand is.

Ooggetuies het aan Maroela Media gesê die vlamme het teen gistraand op sommige plekke nog tot ongeveer 40 meter hoog gebrand.

Jee Dee Cloete, wyksraadslid van Bela-Bela, het gesê hulle kon die woonwapark red, maar verder blyk alles, insluitend 13 huise, vernietig te wees.

Brandbestryders kon daarin slaag om die vlamme van die roofdiere en die swartwitpense se kamp weg te hou.

Wildverliese asook skade aan infrastruktuur moet nog bepaal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×