Die Mabalingwe-wildreservaat naby Bela-Bela in Limpopo, is amper in totaliteit deur ‘n wegholbrand in puin gelê.

Die reservaat beslaan meer as 12 000 hektaar, waarvan minstens 10 000 hekaar vermoedelik tot as verbrand is.

Ooggetuies het aan Maroela Media gesê die vlamme – wat Saterdag begin het – het teen Sondagaand op sommige plekke nog tot ongeveer 40 meter hoog gebrand.

Brandbestryders kon daarin slaag om die vlamme van die roofdiere en die swartwitpense se kamp weg te hou.

Mel Meyer, voorsitter van Bela-Bela se brandbestrydingsvereniging het vroeg vanoggend aan Rosestad-nuus gesê al die brande in die omgewing was teen gister onder beheer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×