Die Madikwe Wildreservaat staar ‘n ekologiese krisis in die gesig. Dit aangesien sy olifantbevolking volhoubare vlakke oorskry.

Bewaringskundiges sê die groeiende wanbalans, kan tot ‘n ineenstorting van die ekosisteem lei as dit nie beheer word nie. Die Insider Chronicle berig verder dat verslae daarop dui dat die olifantbevolking by die reservaat oor die afgelope drie dekades vinnig gegroei het.

Daar is tans meer ‘n duisend-ses-honderd olifante, wat die aanbevole drakrag van ongeveer 100 olifante ver oorskry. Omgewingskenners waarsku dat die oorbevolking van olifante reeds lei tot sigbare tekens van agteruitgang, insluitend habitatvernietiging en beperkte hulpbronne vir ander diere.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×