Die polisie in Mangaung, in die Vrystaat, is op die uitkyk vir verdagtes wat by die moord op drie slagoffers betrokke is.

Dit kom nadat hulle ‘n verslag van ‘n gemeenskapslid ontvang het oor lyke in ‘n oop veld naby die kruising van die N6 en R702 pad.

Met hul aankoms het hulle die slagoffers in ‘n bloedbad gevind.

Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê al die slagoffer se hande was met skoenveters vasgebind.

Find-It berig die polisie het ’n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat by die moord op die drie betrokke was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×