‘n 28 Jarige man het vandag in die Phuthaditjhaba landdroshof op ‘n klag van moord en twee klagtes van poging tot moord verskyn nadat hy Sondag kort na middernag ‘n taverne binnegestrom en op mense losgebrand het. Volgens die polisie se woordvoerder, adjudant offisier Mmako Mophiring, het die verdagte na wille keur op mense buite die kuierplek geskiet en toe na binne beweeg waar hy aanhou skiet het.
‘n 30 jarige vrou, Thekiso Nthati is noodlottig gewond. Twee ander mense, ‘n 54-jarige is in sy voet raakgeskiet en ‘n 28-jarige het twee wonde aan sy bobeen opgedoen. Mophiring het gesê die motief van die skieter is nie bekend nie. Die verdagte is Maandag deur die polisie in hegtenis geneem.