Die 38-jarige man wie daarvan verdink word dat hy sy 21-jarige vrou die afgelope naweek naby Bethlehem doodgeslaan het, verskyn na verwagting vandag in die hof.
Die polisie is volgens IOL Sondag na ‘n plaas in die distrik ontbied, waar die oorledene se liggaam in die veld aangetref is.
Sy het kopwonde opgedoen, en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Haar man is in hierdie stadium die enigste verdagte.
Hy is in hegtenis geneem en sal in die Bethlehemse landdroshof op ‘n aanklag van moord verskyn.