Rudi Gericke, wie aangekla word van die moord op die 28-jarige Evan Sorour van Ficksburg, gaan skuld ontken op al drie aanklagte teen hom.

Wyle Evan, en sy pa Reuter, is na bewering op 8 Januarie deur Gericke aangeval, toe hulle beeste op die buurplaas wou gaan aankeer.

Die 39-jarige Gericke word aangekla van Evan se moord.

Hy word ook aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, en poging tot moord.

In die klagstaat word gemeld dat Gericke die 57-jarige Reuter glo ernstig aangerand en probeer vermoor het.

Die beskuldigde self is ernstig gewond in ’n beweerde oor-en-weer-skietery.

Sy verhoor is tot Februarie volgende jaar uitgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×