Die Mangaung African Culture Festival, of Macufe, is in die gedrang nadat die hooggeregshof in Bloemfontein Maandag die tender wat die provinsiale regering aan die C-Squared Group toegeken het om die fees aan te bied hersien, ter syde gestel en onregmatig verklaar het.

Die Volksblad berig Regter Philip Loubser het ook enige dienslewerings-ooreenkomste tussen Maki Mahase, die LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, en C-Squared ingevolge artikel 8 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid ter syde gestel.

Voorts is gelas dat die LUR en C-Squared die maatskappy DS Consortium se koste van die aansoek moet betaal.

Die redes vir die besluit sal weens tydsbeperkings op 6 Oktober per e-pos aan die partye gestuur word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×