Die Mangaung-metro aanvaar die bedanking van sy stadsbestuurder

Die aanvaarding van die bedanking van die Mangaung-metro se stadsbestuurder, advokaat Tankiso Mea, het volgens Netwerk 24 nie sonder drama verloop tydens die metro-vergadering nie.

Advokate Teboho Manye SC en Johan Nel SC, moes die beweerde wangedrag en wanadministrasie deur Mea ondersoek, na ‘n mosie wat op 11 Februarie vanjaar deur die DA ingedien is.

Vir die opposisie-partye is die aanvaarding van Mea se bedanking onaanvaarbaar, aangesien hulle van mening is dat hy dissiplinêre optrede en verantwoordbaarheid vir sy beweerde wangedrag op die manier wil vermy.

Nadat ‘n regsmening hieroor deur die speaker, Mxolisi Siyonzana ingewin is, is besluit dat geen verdere tugstappe ingestel sal word na Mea se bedanking nie.

Luister na potgooie hieronder