Die Mangaung-metro adverteer 144 poste vir sy metropolisiemag

Die bankrot Mangaung-metro in Bloemfontein adverteer tans 144 poste vir sy polisiemag.

Intern word vir 2 adjunk-polisiekommissarisse, 6 brigadiers, 8 kolonels, 8 luitenant-kolonels, 15 superintendente, 38 adjunk-superintendente, 5 adjudant-offisiere, 2 sersante en 60 konstabels geadverteer.

Brigadier Israel Kgamanyane is alreeds in 2017, dus 4 jaar gelede, aangestel om die metro-polisiemag te vestig.

Volgens Dirk Kotze, DA-raadslid, is dit onverklaarbaar dat die metro, wat onder administrasie is, so ‘n peperduur metro-polisiemag kan beskostig.

Hy het aan Netwerk 24 gesê dat dit niks anders as ‘n kaderontplooiing, om stemme te koop voor die munisipale verkiesing, is nie.

Luister na potgooie hieronder