Die Mangaung-metro in Bloemfontein het volgens geouditeerde syfers van die ouditeur-generaal die afgelope vyf boekjare altesame meer as een miljard rand se skoon drinkwater verloor soos waterpype lek en bars. Netwerk24 berig dít aldus Rossouw Botes, DA-raadslid van die metro. Botes het gesê hy is moeg vir waterpipe wat bars en vir waterlekkasies oor die algemeen. Hy het gesê hy het in Januarie vanjaar 22 klagtes ontvang, 16 in Februarie, 19 in Maart, 26 in April, 28 in Mei en tot en met 6 Junie was daar agt klagtes. Dit is dus 119 klagtes in vyf maande en ses dae. Botes het beklemtoon dat hy nie die enigste raadslid is wat klagtes oor waterlekkasies kry nie. Hy meen terwyl die metro trae diens lewer sal die waterverliese nooit beperk kan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×