Die Mangaung-metro in Bloemfontein het die beroep op inwoners verwerp om die betaling van belasting en heffings te boikot

Die Mangaung-metro in Bloemfontein het die beroep wat  op inwoners gedoen is verwerp, om die betaling van belasting en heffings te boikot. Die metro sê die oproep is ‘n vorm van protes teen die munisipaliteit. Die Mangaung Gemeenskapsgroep het die oproep gedoen weens gebrekkige dienslewering en eis die ontbinding van die munisipale raad weens versuim om diens aan die gemeenskappe te lewer. Die invordering van belasting en heffings in die metro het sedert die Covid-19-inperkings verlede jaar met meer as 20 persent gedaal.

 

Luister na potgooie hieronder