Die Mangaung-metro in die Vrystaat het sy kommer uitgespreek oor veiligheid by die Suidelike-stortingsterrein in Bloemfontein. Twee broers – Gaopalelwe en Ramokgetswe Seome – is verskeie keer by die stortingsterrein geskiet, toe hulle vullis gaan aflaai het omdat die munisipaliteit se vullisverwyderingsdiens soms geen dienste lewer nie. Hulle is van selfone en kontant beroof. Volgens hulle pa sterk hulle steeds aan in die hospitaal. ‘n Woordvoerder van die metro, Qondile Khedama sê hulle is bekommerd oor die misdaad by die stortingsterrein. Hy sê hulle maak werk daarvan om veiligheid by die terrein te verbeter, en die stad skoon te hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×