Salarisverhogings vir die sewe Mangaung Metro departementshoofde is bekend gemaak. Volgens Volksblad is die verhooging amper R550 000 per jaar vir elk van die 7 hoofde. Die munisipale bestuurder wat reeds onlangs ‘n 700 000 verhoging gekry het – kry nou nog R100 000 per jaar meer.
Hulle berig verder dat volgens Sello More, die munsipale bestuurder, was die departementshoofde maar op ‘n salarisskaal van 1.4 miljoen rand per jaar en hulle konnie dat die hoofbestuurders meer as hulle hoofde verdien nie, dit is dus waarom die hoofde se salarisse nou op 1.9 miljoen rand elk staan. Volgens Henry Denner, van die VF Plus, is die verhoging van die sewe departementshoofde aan die salarisse van 23 polisiekonstabels of 30 verpleegkundiges gelykstaande.