Die asem word vandag behoorlik opgehou in afwagting vir die verkiesing van die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro in Bloemfontein.

Volksblad berig die opposisiekoalisie kort dalk slegs enkele stemme van die ANC om die opposisie se burgemeesterskandidaat, waarskynlik Pappie Mokoena van die
Afrikan Alliance of Social Democrats, ingestem te kry.

Dit sal dan die eerste keer in die demokratiese bestel wees dat ’n opposisieburgemeester vir Mangaung verkies word.

Die ANC se kandidaat was eers Gregory Nthatisi, ‘n militêre veteraan van uMkhonto we Sizwe, maar dit het skielik verander en is nou Lawrence Mathae, voormalige hoofbestuurder van vullisverwydering en voertuigvlootbeheer.

Mathae het uit daardie pos, waar hy R1,7 miljoen per jaar verdien het, bedank om hom onlangs vir die pos van speaker beskikbaar te maak.

Mathae het toe egter teen Maryke Davies, opposisiekandidaat van die DA, verloor nadat ’n groep ANC-lede en vermoedelik ook dié van kleiner partye met wie die ANC in koalisie is, vir Davies gestem het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×