Die Mangaung-metro moes die afgelope vyf boekjare R850 miljoen van sy voorwaardelike toelae, wat vir spesifieke doelwitte gebruik moes word, aan die nasionale tesourie teruggee omdat dit verkeerd gebruik of nié gebruik is nie. Netwerk24 berig dié inligting het uitgekom op ‘n vergadering waar die nasionale tesourie verslag gedoen het aan die verkose komitee oor samewerkende regering en tradisionele sake in die Nasionale Raad van Provinsies oor Mangaung en die Enoch Mgijima-munisipaliteit in die Oos-Kaap, wat albei onder nasionale administrasie is. Leona Kleynhans, DA-wetgewerlid van die Vrystaat belas met munisipaliteite, sê wat vir haar interessant was, is dat daar erken is dat die munisipaliteite onder provinsiale administrasie geen verbetering toon nie en dikwels slegter daaraan toe is voordat hulle onder nasionale administrasie geplaas word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×