Die Mangaung-metro moet nou skuld van nagenoeg 140-miljoen rand op die register vir armlastiges afskryf, omdat dié mense nie hul skuld kan vereffen nie. Die Volksblad berig dat net inwoners met ‘n totale inkomste van minder as vyf-duisend-sewe-honderd rand per maand kwalifiseer om op die register vir armlastiges te wees. Van dié mense skuld glo bedrae van tot soveel as 970-duisend rand vir munisipale dienste wat sonder betaling gelewer is. Dienslewering aan diegene is ook nie gestaak nie. Hierdie inligting is by ‘n onlangse raadsvergadering bekend gemaak, toe die ANC met sy meerderheidstem besluit het om die register vir 2022-2023 goed te keur. Daar is ook besluit dat Maine-prokureurs die register voortaan sal bestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×