Ondanks aansienlike infrastruktuuruitdagings bestee die Mangaung Metro Munisipaliteit, volgens die Vrystaatse kantoor van die ouditeur-generaal, nie genoeg aan infrastruktuur nie.

Die adjunk-besigheidseenheidleier by die provinsiale ouditeur-generaal se kantoor, Sue-Ellen Steenbok, sê die munisipaliteit se begroting beloop ses miljard rand, maar sy kapitaalbesteding beloop slegs 792 miljoen rand, wat onder die norm is.

Steenbok sê die metro bestee ook net twee persent aan herstelwerk en instandhouding, hoewel die Nasionale Tesourie aanbeveel om minstens agt persent toe te ken.

error: Inhoud is beskerm !!