Volgens die Mangaung-metro se konsepbegroting vir die 2023 / 2024-geldjaar kan die metro se salaris-begroting met 11,10% tot R2,49 miljard styg.
Die konsepbegroting is gister in Bloemfontein ter tafel gelê.
Volksblad berig dié salaris-hupstoot word voorgestel terwyl min of géén munisipale dienste in die metro gelewer word nie.
Inwoners sal boonop vanaf 1 Julie aansienlik meer vir munisipale dienste moet opdok.
Water sal 15,2% meer kontant uit jou sak tap, met erfbelasting wat met 5,27% styg.
Elektrisiteit sal dan ook 4,7% duurder wees.
Daar is nou drie weke vir inwoners om op die konsepbegroting te reageer, alvorens dit deur die raad goedgekeur kan word.
Die volledige konsepbegroting verskyn op die munisipaliteit se webtuiste.