Die totale personeelstruktuur van die Mangaung-metro gaan ingevolge opdragte van doktor Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, of Cogta, hersien moet word. Die metro, wat onder nasionale administrasie is, kan hom regmaak vir ingrypende veranderings in sy personeelsamestelling, het DA-raadslid, Pieter Lotriet, gesê. Die Volksblad berig voorts Lotriet het laat blyk dat hulle onmiddellik hiermee begin en dat hulle met vakbonde en verskillende komitees in die metro beraadslaag. Goeie navorsing is glo gedoen en streng riglyne oor die samestelling van die struktuur is uitgevaardig. Waar die personeelstruktuur nou soos ‘n onderstebo-piramide lyk, gaan dit omgekeer word, met baie meer mense op grondvlak en minder duur poste bo-aan die struktuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×