Die toestand van die rioolstelsel en water-infrastruktuur van die Mangaung-metro het daartoe gelei dat drie DA-raadslede ‘n strafregtelike klag teen die waarnemende munisipale bestuurder, Tebogo Motlashuping, ingedien het.

Netwerk24 berig Dave McKay, Dulandi Leech en Pieter Lotriet is dit eens dat hierdie stelsels tot so ‘n mate verwaarloos is, dat dit nie herstel kan word nie.

Die rioolstelsel en wateraanlegte hou volgens hulle reeds ‘n gesondheidsrisiko in voordat die nasionale ingrypingspan in Julie verlede jaar sy werksaamhede in die
metro begin het.

Motlashuping staan aan die hoof van die ingrypingspan.

Luidens die Ouditeur Generaal se onlangse verslag is die Welvaart-rioolaanleg sedert Mei 2022 buite werking. Intussen word al die suidelike woonbuurte van Bloemfontein se rioolvuil daagliks hierheen gepomp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×