Die Mangaung-metro het R406 miljoen se gesuiwerde water gedurende die 2021 / 2022-boekjaar verloor.

Dit werk op ‘n gemiddeld van R1,1 miljoen per dag uit.

Netwerk24 berig die waterkenner, Rossouw Botes, het gesê die verkwisting van water word elke jaar meer.

Volgens hom het die Mangaung-metro nie enige voorafbetaalde watermeters om te installeer nie.

Daar is skynbaar gevalle waar die munisipaliteit water gratis na inwoners laat vloei, aangesien daar nie watermeters beskikbaar is nie.

45% van die totale volume water wat jaarliks deur die metro aangekoop word, bereik nooit inwoners se krane nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×