Die Mangaung-munisipaliteit in Bloemfontein gee toe dat daar meer gedoen moet word om die stad en gebiede om die munisipale stortingsterrein in die suide, op te ruim. Die Vrystaatse munisipaliteit gaan gebuk onder swak dienslewering, en rommel het vir maande aaneen opgehoop. Die munisipaliteit is onder administrasie geplaas in ‘n poging om ‘n nuwe finansiële herstelplan te implementeer. ‘n Woordvoerder van die metro, Qondile Khedama sê hulle is dankbaar vir inwoners se voortdurende skoonmaakveldtogte. Hy sê die openbare indiensnemingsprogram is besig om in werking te tree en sal ‘n verskil maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×