Die Marumo Gallants FC doen ‘n beroep op hul ondersteuners om slegs by amptelike afsetpunte kaartjies vir hul wedstryde te koop.

Dit volg ná die naweek se gebeure wat buite die Toyota-stadion in Bloemfontein plaasgevind het, waar ‘n groep ondersteuners hul weg na die stadion gedwing het, wat skade aan eiendom en beserings tot gevolg gehad het.

In ‘n mediaverklaring sê die span se woordvoerder, Magugu Dlammini, 14 mense het beserings opgedoen, met agt wat na die hospitaal vir verdere mediese aandag geneem is.

Rosestad-nuus het vroeër berig dat die sewe sokker-aanhangers wat tydens dié insident vir opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld in hegtenis geneem is binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof sal verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×