Die Departement van Basiese Onderwys het bekend gemaak dat die nasionale matriekslaagsyfer vir die klas van 2023 op 18 Januarie aangekondig sal word. Meer as ‘n miljoen leerders wat die eksamen afgelê het, wag vir die bekendmaking van die uitslae ‘n dag later. Openbare instellings het meer as 160 eksamenvraestelle geadministreer wat deur vakkundiges opgestel is. Die departement het gesê daar was geen groot voorvalle tydens verlede jaar se eksamen nie. Vyf-en-veertig leerders is in Gauteng met afkyk notas gevang en een persoon is in KwaZulu-Natal gevang wat probeer  het om die eksamen vir ‘n leerder te skryf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×