Die Mededingingskommissie het die voorstel verwerp, dat Vodacom ‘n 30%-belang in Maziv bekom. Maziv beheer die groothandel-veselnetwerkverskaffers, Vumatel en Dark Fiber Africa.
Die kommissie sê dat so ‘n transaksie mededinging sal belemmer, en ook moontlike ongewenste struktuur-veranderinge in die breëband-mark tot gevolg kan hê.
Die aard van die voorgestelde transaksie sal volgens die kommissie uiters nadelig vir mededingers én vir die verbruiker wees.