Die mediese fonds vir staatsamptenare, GEMS, sê hy is verbind tot nie-rassigheid en enige vorm van diskriminasie

Die mediese fonds vir staatsamptenare, GEMS, sê hy is verbind tot nie-rassigheid en enige vorm van diskriminasie.

Die fonds het onderneem om hervormings te implementeer sodra die finale verslag van die ondersoekpaneel oor mediese fondse bekendgemaak word.

Volgens die tussentydse verslag het GEMS en ander mediese skemas onregverdig op grond van ras teen swart-, bruin en Indiër gesondheidsdiensverskaffers gediskrimineer.

MedScheme is bo aan die lys gevolg deur GEMS en Discovery.

GEMS sê die taak is nou om met diensverskaffers saam te werk, die verhouding te versterk en skuiwergate te identifiseer.

Luister na potgooie hieronder